Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4 Hoenderborsies, waarvan die vel verwyder is

2 eetlepels Olyfolie

4 Repies spekvleis

2 Avokadopere

4 Ciabatta-rolletjies, deurgesny

4 Snytjies van jou gunsteling kaas

4 Handevol jong spinasieblare

Mayonnaise, opm te bdien (opsioneel)

Cajun-speserye

          1 Eetlepel gemaalde komyn

          1 eetlepel gemaalde coriander

          1 Eetlepel Paprika

          Sout en gemaalde swartpeper na smaak

  1. Meng al die speserye, sout en peper vir die Cajun-speserymengsel saam, en hou dit apart in ‘n groot bord.
  2. Stel jou plaat lekker warm, maar wees versigtig dat dit nie te warm is nie
  3. Op ‘n vleisplank, kap die hoender effens plat en bedek met die olyfolie.
  4. Rol nou die ge-oliede hoenderstukke in die speserymengsel tot dit goed bedek is
  5. Verhit bietjie olyfolie in ‘n braaipan, en braai die hoender vir so vyf minute aan elke kant tot dit lekker ferm is
  6. Skuif die hoender na die kant toe, en braai dan die spekvleis tot gaar
  7. Terwyl die hoender braai, skil die avokadopere en sny in skywe.
  8. Rooster ook die oopgesnyde rolletjies and die snykant, en sit ‘n skyfie kaas op, wat jy kan smelt indien jy verkies
  9. Berei nou die rolletjies met kaas voor deur die mayonnaise op te smeer, en dan so bietjie spenasieblare, en ‘n repie spekvleis.
  10. Nou ook die avocado en hoenderstukkie.
  11. Ek het gevind as jy die hoender in skyfies sny, kan jy ‘n stewiger burger pak!

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons