Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

   500g Aartappels, blokkies wortels
   500g Sagte vleis, in blokkies gesny
   1 Medium ui – grofgekap
   1 Groot wortel
   1 Groot raap
   10ml Sout
   1ml Peper
   10ml Asyn
   5ml Suiker
   500g Meelblom
   250g Botter
   Yswater
 
  1. Skil die aartappels, wortel en raap dun en sny in dobbelsteentjies
  2. Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper, asyn en suiker by
  3. Maak gaar op stoof of in drukkooker en sorg dat dit nie te droog is nie. 
  4. Laat dan afkoel
  5. Berei `n borstertdeeg van die meelblom, botter, sout en yswater.
  6. Rol die deeg 5mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels
  7. Skep van die vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel.
  8. Kwas die kante met koue water. 
  9. Vou die deeg oor die vleis sodat die kante opmekaar pas
  10. Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm.
  11. Kwas met melk of verdunde eier
  12. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200°C vir 15 minute lank.
  13. Skakel die oond laer na 180°C en bak `n verdere 20 minute om te verseker dat die vulsel gaar word

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons