Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

50 ml olie

1 kg maalvleis

2 uie, fyngekap

3 knoffelhuisies, gekneus

2 blikke gekapte tamaties

100 g tamatiepasta

30 ml Worcestersous

30 ml blatjang

sout en varsgemaalde swartpeper

’n groot hand vol vars kruie, gekap

sowat tien lasagnevelle

  1. Verhit die olie in ’n platboompot en braai die uie en knoffel sag.
  2. Voeg dan die maalvleis by en braai dit amper gaar.
  3. Gooi die tamatie, tamatiepasta, Worcestersous, blatjang, kruie, sout en peper by.
  4. Roer dit goed en laat prut vir sowat drie ure (of minstens vir ’n uur, as die honger druk).
  5. Verhit die botter en roer die meel by totdat die sous begin dik word.
  6. Gooi die melk by en hou aan met roer totdat die sous glad en deurgekook is.
  7. Skep die maalvleis uit, giet ’n dun lagie witsous in die bodem van die pot, bedek die witsous met lasagnevelle, gevolg deur ’n laag maalvleis.
  8. Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is.
  9. Sprinkel die kaas bo-oor, sit die deksel op en laat dit oor lae hitte prut vir sowat ’n uur.
  10. Jy kan ook ’n bietjie sampioene, gestoomde spinasieblare en ’n skeutjie sjerrie by die vleismengsel voeg.

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons