Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

   1 Groot ui
   2 groot Tamaties opgesny
   Pakkie sampioene
   Een wortel, met skiller in repies gesny, of fyn opgesny, of gerasper
   500g Maalvleis
   Olyfolie
   Sout, peper, italiaanse speserye
   Worcestersous
   Rooiwyn
   Blikkie opgesnyde tamatie en uie mengsel
   Pasta
 
  1. Bedek bodem van souspan met olyfolie en bring na medium hitte
  2. Voeg uie by, braai tot ligbruin
  3. Voeg sampioene by en braai vir paar minute, roer deur saam met uie
  4. Voeg gesnyde tamaties by en roer deur
  5. Voeg wortels by en roer deur
  6. Laat dit prut vir ’n paar minute terwyl jy nou en dan roer. 
  7. Skraap alles in die pan na eenkant toe om plek te maak vir die maalvleis.
  8. Sit maalvleis in die spasie en sprei oop
  9. Gooi bietjie worcestersous, olyfolie, Italiaanse speserye en sout en peper oor die vleis. 
  10. Roer alles mooi in die vleis in
  11. Soos die vleis begin bruin braai, begin die uie en tamatie mengsels oor saam deur die vleis meng
  12. Laat dit prut vir paar minute met deksel op die souspan
  13. Voeg blikkie tamatie en uie, en bietjie rooiwyn by en roer deur, laat dit prut
  14. Kry pot water aan die kook vir die pasta - ek gebruik gewoonlik penne pasta. Water moet net genoeg wees om die pasta te bedek. 
  15. Gooi klein bietjie olyfolie en sout by die water. Sodra die water kook, gooi die pasta in en kook vir 10minute op hoog
  16. Gooi water af, gooi pasta terug in pot en sprinkel klein bietjie olyfolie oor en meng deur Dan is jy reg om op te skep.
  17. Sit pasta onder in ’n bord of bak, skep vleis sous bo-oor. 
  18. Voeg bietjie avokadopeer en feta kaas bo-op.

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons